Ons is hier gebore en lief vir Suid-Afrika. Ons wil graag bly Mnr Ramaphosa. Maar, ons voel onwelkom en onveilig. Hier is wat ons sal laat bly:
As partye soos die BLF en EFF nie meer toegelaat word om te sê dat hulle witmense gaan vermoor nie, sal ons bly
As ons saamwerk om ‘n veilige omgewing te skep en daar drasties teen plaasmoorde opgetree word, sal ons bly;
As die BEE-, kwotas- en transformasiebeleide geskrap word, sal ons bly;
As privaat besitreg en die vryemark gerespekteer word en onteiening sonder vergoeding afgekeur word, sal ons bly;
As daar teen alle korrupte staatsamptenare opgetree word, sal ons bly;
As droogtehulp vir alle boere - ondanks hulle velkleur – gegee word, sal ons bly;
As die gehalte van ons water beskerm word, sal ons bly; en
As ons stabiele elektrisiteitsvoorsiening het en nie buitensporige tariewe daarvoor betaal nie, sal ons bly.
WANNEER EK OP MERIETE MAG BOER, SONDER VREES OF VEROORDELING IN ONS GELIEFDE LAND. DAN SAL EK BLY!
Maak seker die presIdensie hoor jou stem.
Voeg jou naam by die jong boere van TLU SA:
TEKEN DIE PETISIE
Ons wil bly

Contact information: (012) 804-8031 /  dienste@tlu.co.za / www.tlu.co.za​

*Met die invul van u besonderhede hierbo stem u daartoe in dat, TLU SA u telefonies mag kontak. TLU SA bewaar en beskerm alle persoonlike data. ImpactNOW 'n vennoot van TLU SA mag moontlik met u in verbinding tree om aan u, TLU SA se standpunt te verduidelik en lidmaatskap opsies en voordele aan u beskikbaar te stel. Dankie vir u ondersteuning met hierdie belangrike saak.





DEEL MET JOU VRIENDE